Saturday 13 June 2015

Piet Rudolph

ONS VORDER NIE!!!!!!
………En die Boersaak ly daaronder. Daar is meer as 113 jaar se water onder die brug deur. Kinders wat saam met hierdie Nuwe Slaafse Bedeling gebore is, word een van die dae mondig. Ons as hulle voorgeslagte het aan hulle niks gegee nie. Nie eers ‘n basis om op voort te bou nie!
Die redes daarvoor is voor die handliggend.
1. Ons het hierdie bedeling aanvaar;
2. ’n Groot gedeelte van ons mense wil nie volk wees nie maar eerder ‘n etrniese minderheid. Op daardie basis wil ons onderhandel, hoed in die hand, vir ‘n ploitieke staanplekkie. Ook nie vir vryheid nie maar oor een of ander politieke ergenis wat ons ervaar en wat ons hoop om ‘n beter bedeling te bewerkstellig.
3. Ons maak nie die Boerevolk bymekaaar nie net omdat ons nie weet wie en wat is die Boerevolk nie.
4. Ons leer nie ons kinders oor hulle erfenis en afkoms nie en ons laat die speelruimte vir ons vyande en ons help hulle nog om punte aan te teken.
5. Ons laat nog steeds die uitbraaksel van die Broederbond, die sogenaamde Afrikanerbond om ons te rysmier en verdeel, deur voor te gee dat die witmense in hierdie land net Afrikaners is; of dat Boere en Afrikaners dieselfde is. Dan poog hulle nog om anderskleuriges wat Afrikaans praat, in te sleep as Afrikaanses. Nie om vry te word nie maar om slawe te bly!
6. Dan word daar gerieflik vergeet dat dit Afrikaners is wat met meer as ‘n twee-derde meerderheid die land op ‘n skinkbord weggegee het. ‘n Patetiese spul as u die foto’s van die kranklike spulletjie met hulle Kgosi f.w. de Klerk by die Voortrekker-monument gesien het. Het ons toegelaat dat hierdie spul konkelaars ons oor die afgrond stoot?
7.Gode sy dank dat in hierdie land nog genoeg Boere oorgebly het wat die knieg voor Baäl nie sal buig nie!
8. Met dit in vooruitsig en die blye wete dat van u al u bewys het as stoere Boer, wat nie sal toelaat dat u volk ondergaan nie, gaan u van vandag af per e/pos waar bekend of op u persoonlike profiel, ‘n uitnodiging te ontvang om deel te hê aan die aanvaarding van ons veranrwoordelikheid vir die bymekaarmaak van ons volk; sy versorging oor die totale volkswees en uiteindelike vryheid.
9. Die aksie sal bekend staan as Aksie Boere-Republikeine vir Vryheid en die Herstel van die Boere-Republieke (Transvaal, die OVS en Noord-Natal soos dit was op 10 Oktober 1899.)
10. Kom laat ons hande vat en ons geloftes betaal. Die plig rus op hierdie geslag.

Piet Rudolph: Sameroeper en ‘n Boere-Republikein.
072 419 3516.

No comments:

Post a Comment